Curriculum Learning Space
Languages
 
Tools
Textbooks
Exam Centre
Policy Documents
FET Schools Languages

Afrikaans

Handboeke

Die waarde van handboeke in die klaskamer

 

Waarom moet ’n mens ʼn handboek gebruik? Die gebruik van ʼn goeie handboek brei jou kennis van die vak uit en verbeter dus ook jou onderrig. ʼn Handboek van ʼn hoë gehalte is van groot hulp met die beplanning en voorbereiding vir jou klasse. As alle leerders hul eie handboeke  het, kan hulle ná elke aanbieding van jou les verder uit die handboek werk sodat jy individuele leerders kan bystaan en help indien nodig. 

ʼn Goeie handboek help leerders om hul werk teen hul eie pas te voltooi en spoor hulle aan om aanvullende en/of verrykingsaktiwiteite te doen. Dit help hulle (en uiteindelik ook vir jou as onderwyser) omdat hulle dan werk wat in die klas gedoen is by die huis kan hersien deur die verduidelikings en voorbeelde in die handboek te bestudeer as voorbereiding vir die lesse wat volg.

 

Hoe moet ek ʼn handboek van gehalte gebruik om my te help beplan?

  • Bestudeer die handboek.
  • As dit nie al die inhoude dek nie, dui aan waar jy aanvullende aantekeninge moet byvoeg.
  • Ontwerp of pas jou Werkskedule vir die graad aan volgens jou handboek.  Voeg die getal take per kwartaal in, soos deur die Assesseringsprogram en volgens die Protokol vereis. (Getal take volgens die Assesseringsprogram – Graad 12 Huistaal virTermyn 1: een toets, twee mondelinge, een literatuurtaak + een opstel, ens.). Neem ook die temas wat in die handboek gedek word en jou Werkskedule wat jy aan die hand van die handboek opgestel het in berekening.
  • Ontwerp jou Assesseringsplan vir die jaar met inagneming van die take in die Assesseringsprogram soos jy dit in jou Werkskedule aangedui het.
  • Berei jou lesse voor en dui die daaglikse assessering aan deur te verwys na die betrokke aktiwiteite/ oefeninge in die handboek wat jy wil gebruik. (Voeg ook jou eie by, indien so verkies.) 

Op hierdie manier maak jy seker dat jy al die inhoude vir die jaar gedek het en dat jou leerders die nodige kennis en vaardighede bemeester.

 

Hoe kies ek ʼn handboek van gehalte?

  • Bekom soveel goedgekeurde handboeke as wat jy moontlik kan. Vra die uitgewers vir besigtigingseksemplare.
  •  Bestudeer die handboek.
  • Vergelyk die inhoud van die handboek met die inhoud van die Vakverklaring en maak seker dat dit die voorgestelde inhoud volledig dek.
  • Maak seker dat
    §         temas voldoende behandel word;
    §         die inhoud op die korrekte taalvlak en graad gerig is; en
    §         die inhoud op ʼn logiese wyse in moeilikheidsgrade ingedeel is, d.w.s die leerder  progressief aan al moeiliker konsepte blootgestel is.    
  • Kyk sorgvuldig na die aktiwiteite/oefeninge in elke afdeling of hoofstuk:
    §         Sluit die aktiwiteite aan by die voorafgaande leesteks?
    §          Word die aktiwiteite volgens moeilikheidsgraad ingedeel, d.w.s. rig dit leerders om die konseptuele kennis te bemeester en om die kennis toe te pas?
    §         Sal die aktiwiteite/oefeninge leerders help om vraestelle te beantwoord?
    §         Is daar genoeg aktiwiteite/oefeninge vir jou om van te kies en vir die leerders om te doen sodat inoefening en leer sal plaasvind?   

Wat is ʼn goeie handboek?

 ʼn Goeie handboek is soos ʼn kunswerk. Dis die eindproduk van die werk van ‘n groep geïnspireerde deskundiges. Dit lyk pragtig en inspireer belangstelling in die vakgebied en ook die begeerte om te ontdek. Dit voorsien die grondslag waarop die onderwyser kan voortbou. (Dr Pam Miller) Goedgekeurde handboeke vir Afrikaans Huistaal, Eerste en Tweede Addisionele Tale soos bepaal in die Nasionale Katalogus vir Graad 10 – 12 Handboeke  

Uitgewer

Titel

Taalvlak

Graad 10 Graad 11 Graad 12
Actua Press (Pty) Ltd Aktuele Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10   Aktuele Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 12 Eerste Addisionele Taal
    Aktuele Afrikaans Tweede Addisionele Taal Graad 12 Tweede Addisionele Taal
Bateleur Books (Pty) Ltd Tree Vooruit: Afrikaans Huistaal (2de Uitgawe) Tree Vooruit: Afrikaans Huistaal Graad 11 Leerderboek   Huistaal
  Tree Vooruit: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 11 Leerderboek Tree Vooruit: Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 12 Leerderboek Eerste Addisionele Taal
Best Books (NB Publishers) Piekfyn Afrikaans – ‘n Geïntegreerde Afrikaanse Taalteks Piekfyn Afrikaans – ‘n Geïntegreerde Afrikaanse Taalteks Piekfyn Afrikaans Graad 12 Geïntegreerde Taalteks Huistaal
Piekfyn Afrikaans – ‘n Geïntegreerde Afrikaanse Taalteks  Piekfyn Afrikaans -Geïntegreerde Taalteks Piekfyn Afrikaans Graad 12 Geïntegreerde Taalteks Eerste Addisionele Taal Eerste Addisionele Taal
  Piekfyn Afrikaans – ‘n Geïntegreerde Afrikaanse Taalteks   Tweede Addisionele Taal
Effective Teaching Publishers (Pty) Ltd. Kinkelvrye Afrikaans G10 UGO   Effective Teaching Kinkelvrye Afrikaans G12 UGO Eerste Addisionele Taal
Future Entrepreneurs UGO Plus Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10     Eerste Addisionele Taal
Heinemann Publishers Afrikaans vir Ons NKV Hersiene Uitgawe Afrikaans vir Ons Afrikaans vir Ons Eerste Addisionele Taal
Nuwe Afrikaans is Maklik NKV Hersiene Uitgawe Nuwe Afrikaans is Maklik Nuwe Afrikaans is Maklik Eerste Addisionele Taal
Lingua Franca Publishers Fast Track AFRIKAANS EAT     Eerste Addisionele Taal
Maskew Miller Longman (Pty) Ltd Afrikaans Ons Taal Afrikaans Ons Taal Graad 11 & 12 Leerderboek Afrikaans Ons Taal Huistaal
Raamwerk Raamwerk Graad 11 & 12 Leerderboek Raamwerk Graad 11/12 Huistaal
Nuwe Afrikaans Sonder Grense Eerste Addisionele Taal Nuwe Afrikaans Sonder Grense Graad 11 Leerderboek Nuwe Afrikaans Sonder Grense (Eerste Addisionele Taal) Eerste Addisionele Taal

Uitgewer

Titel 

Taalvlak

Graad 10 Graad 11 Graad 12
Maskew Miller Longman (Pty) Ltd Nuwe Afrikaans Sonder Grense Tweede Addisionele Taal Nuwe Afrikaans Sonder Grense Graad 11 Leerderboek Nuwe Afrikaans Sonder Grense (Tweede Addisionele Taal) Tweede Addisionele Taal
Kaperjol Kaperjol Graad 11 Leerderboek Kaperjol Eerste Addisionele Taal
Nasou Via Afrika (Pty) LTD Kosmos Graad 10 Kosmos Graad 11 Leerderboek Kosmos Graad 12 Leerderboek Huistaal 
Trefkrag Graad 10 Trefkrag Graad 11 Leerderboek  Trefkrag Graad 12 Leerderboek Huistaal
Afrikaans vir Afrika Graad 10 Afrikaans vir Afrika Graad 11 Leerderboek Afrikaans vir Afrika Graad 12 Leerderboek Eerste Addisionele Taal
Afrikaans is Lekker Graad 10 Afrikaans is Lekker Graad 11 Leerderboek Afrikaans is Lekker Graad 12 Leerderboek Tweede Addisionele Taal
Vivlia Publishers Viva Afrikaans Viva Afrikaans Viva Afrikaans Huistaal
  

 

Comments